Huis Mossel bied selfsorg-eenhede gelee in Island View, Mosselbaai en bied verblyf wat perfek is vir lekker vakansies, langer verblyf asook oornagreisigers.
Ons bied slaapplek aan 8 gaste in 2 verskillende eenhede.
Die Villa (1-6 mense) (Villa: English Information)
Die Villa@mossel het 2 slaapkamers elk met ‘n koningingrootte-bed. Die 2de slaapkamer het ook ‘n additionele dubbel stapel bed. Die badkamer het ‘n toilet, wasbak en ‘n stort. Die kombuis is met ‘n yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, broodrooster, wafelmaker en toebehore om ‘n volledige maaltyd voor te berei toegerus. Gaste kan ‘n maaltyd in die oopplan-eetarea geniet of kies om in die sitarea te ontspan. Daar is ‘n geslote motorhuis vir voertuie onder 2 m en ander voertuie kan buite voor die eiendom parkeer.
Rus & Ontspan (1-2 mense) (Rest & Relax: English Information)
Die Rus en Ontspan@mossel Eenheid is een kamer met eie badkamer. Daar is Koning grootte bed, Plat skerm TV, kroeg yskassie, ketel en ingeboude kaste. Parkering buite voor die eiendom.
Additionele fasiliteite
Sien additionele fasiliteite fotos
Daar is ‘n buitebraai en kuier-area met ‘n vuurput. Gaste kan die randvloeiswembad bespreek.
Firepit / Braai Area kan gebruik word deur enige eenheid, indien beskikbaar. Die area kan ook eksklusief bespreek word met vooraf reelings. Daar is 3x twee sitplek bankies (6 mense) en 1x groot tafel (vir 8 mense), additionele stoele en tafels mag vanaf die patio area na die area geneem word om voorsiening te maak vir 10 of meer mense.
Bogrondse swembad kan gebruik word deur enige inwoner van enige eenheid mits die gebruiks en veiligheids reels streng nagekom word en alle gebruik is op eie risiko.
Die swembad is 11 meter lank en 7 meter breed. Die 11 meter lengte is die diepkant met die diepte van 2,7 meter.
Geen kos of drank mag in die swembad gebruik word nie, met die eksepsie van neem van fotos en met vooraf reeling daarvoor.
Geen persone mag op die bottom drain (op 2,7 meter diepte) staan of daarmee peuter nie.
Moet asseblief nie vanaf die pomphuis dak in die swembad klim nie, gebruik slegs die ingangs hekkie om toegang te verkry.
Geen persone mag op die keer mure op die infinity edge loop of daarvandaan in die swembad duik nie.
Verkry toegang vanaf die groot rubber anti slip mat af aleenlik. Die swembad is beskikbaar vir gebruik vanaf 6vm tot 8nm daagliks gedurende die somer seisoen, gaste gebruik die swembad knoppie om te reel vir toegang op die tye wat hulle kies om die swembad te gebruik. Die swembad kan slegs gebruik word onder toesig van die lewens redder wat gratis en beskikbaar is gedurende die swembad ure.
Algemene Inligting
Inklok is vanaf 14:00 (2 uur na middag) en uitklok is 10:00 (10 uur die oggend) van die laaste dag. Die sleutels kan by die hoof huis afgehaal en ingehandig word.
Wi-Fi en data verbruik:
Villa gaste word gratis bygestaan om maksimum 6 toestelle op die Wi-Fi netwerk te konnekteer.
Rus en ontspan gaste word gratis bygestaan om maksimum 2 toestelle op die Wi-Fi netwerk te konnekteer.
Die redelike gratis hoe spoed data gebruik per eenheid is 5GB, per 24 uur periode. Sou gaste additionele data of meer data wil gebruik moet reelings getrek word om diens onderbreking of diens verswakking (stadige spoed) te voorkom. Additionele data is ook gratis, binne perke, mits daarvoor gereel word. Gaste in die Villa kan ook ‘n private onbeperkte hoe spoed Internet konneksie bestel teen additionele koste, per dag asook stromings dienste.
Daar is geen Internet of Wi-Fi beskikbaar by die firepit of buite braai area nie.
Let asseblief daarop dat geen stromings dienste en geen media verskaf word nie.
Gaste moet eie insleutel besonderhede en eie stromings dienste gebruik om in te sleutel vir alle stromings (no logins provided for any streaming service)